[post-slider]

Die tema, “Street Life”, is tydens ’n partytjie voor die Cullinan-hotel in die Moederstad bekendgestel. Die hip hop-kunstenaar Jitsvinger het die gaste vermaak, terwyl kostuums vertoon is wat deur die Kaapse straatlewe geïnspireer is – van blommeverkopers tot taxi’s en stalletjie-eienaars. Die Idols-aanbieder ProVerb het as seremoniemeester opgetree. “Die Kaapstad-karnaval vier Kaapstad en laat jou tuisvoel,” sê ProVerb.

Die jaarlikse Kaapstad-karnaval, wat nou in sy sewende jaar is, word op 12 Maart in Groenpunt gehou. Sowat 55 000 mense het vanjaar die karnaval bygewoon en organiseerders verwag dat dit volgende jaar net groter en beter gaan wees.

“Meer as 50 gemeenskapsgroepe en ’n aantal skitterende kunstenaars en talentvolle ontwerpers gaan kragte saamsnoer om hul karnaval te skep – ’n platform waar hulle hul uitsonderlike talente kan wys en hulself en hul kulturele identiteite kan uitdruk,” sê prof. Rachel Jafta, voorsitter van die Kaapstad-karnaval.

Ons kan nie wag nie!

Vir nog inligting oor die karnaval, besoek www.capetowncarnival.com of volg hulle op Facebook www.facebook.com/TheCapeTownCarnival of Twitter @CTCarnival.