Die stad het in ’n verklaring gesê inwoners moet minder as 87 L water per persoon per dag gebruik.

“Damvlakke bly kritiek laag en ons moet reserwes opbou terwyl ons nog water het,” het die verklaring gelui.

Bergingsvlakke staan op 25,3 persent nadat dit die afgelope week met 0,8 persentasiepunte gestyf het.

Stadswye verbruik was Maandag 634 miljoen L kollektiewe waterverbruik – 134 miljoen L bo die stad se teiken van 500 miljoen L per dag.

Op Maandag 26 Junie was stadswye verbruik 630 miljoen L.

Die burgemeester, Patricia de Lille, het “waterambassadeurs” bedank wat die tweede myl loop om water te bespaar.

“Wat die vrot appels betref wat duidelik hul behoefes bo dié van ons stad stel: Ons gaan ingryp en ongeregverdigde hoë waterverbruik stopsit,” het sy gesê.

Bron: News24