Die Suid-Afrikaner Neill Blomkamp se District 9 het ’n Oscar-benoeming vir beste rolprent gekry, terwyl  Invictus, die fliek oor Suid-Afrika se sege in die 1995 Wêreldbeker-rugbytoernooi, ook die paal met twee benoemings gehaal het.

Morgan Freeman, wat die rol van oudpres. Nelson Mandela vertolk, is benoem as beste akteur en Matt Damon (Francois Pienaar) as beste byspeler.

District 9 ding mee in die kategorie beste rolprent met James Cameron se loketkraker Avatar, wat altesame nege benoemings losgeslaan het.

Die oorlogdrama The Hurt Locker, geregisseer deur Kathryn Bigelow, het ook nege benoemings ontvang. Maar dit lyk of Avatar die voorloper is om Oscar-goud te kry.

Vanjaar is die eerste keer in 64 jaar dat tien flieks weer in die pylvak is ná die tradisionele vyf benoemings in die topkategorie.

Meryl Streep, vir haar rol in Julie & Julia, en Sandra Bullock, vir haar rol in The Blind Side, is die gunstelinge om as beste aktrise aangewys te word.

Die wenners word op 7 Maart aangekondig.

Benoemings vir beste fliek: Avatar District 9 An Education The Hurt Locker Inglourious Basterds Precious A Serious Man Up in the Air The Blind Side Up

Benoemings vir beste aktrise in 'n hoofrol: Meryl Streep in Julie & Julia Sandra Bullock in The Blind Side Helen Mirren in The Last Station Gabourey Sidibe in Precious Carey Mulligan in An Education

Benoemings vir beste akteur in 'n hoofrol Morgan Freeman in Invictus Jeff Bridges in Crazy Heart George Clooney in Up in the Air Colin Firth in A Single Man Jeremy Renner in The Hurt Locker

Benoemings vir beste aktrise in 'n byrol: Mo'Nique in Precious Vera Farmiga in Up in the Air Penélope Cruz in Nine Anna Kendrick in Up in the Air Maggie Gyllenhaal in Crazy Heart

Benoemings vir beste akteur in 'n byrol Christoph Waltz in Inglourious Basterds Christopher Plummer in The Last Station Matt Damon in Invictus Stanley Tucci in The Lovely Bones Woody Harrelson in The Messenger

Benoemings vir beste regiseer: Kathryn Bigelow, The Hurt Locker James Cameron, Avatar Lee Daniels, Precious Jason Reitman, Up in the Air Quentin Tarantino, Inglourious Basterds

Wie dink jy verdien 'n Oscar-beeldjie? Deel jou mening in die kommentaarveld hieronder.

[gallery link="file"]