Groot spanning heers nadat ’n EgyptAir-passasierstraler met 66 mense aan boord glo in die Middellandse See “neerstort” het.

Vlug MS804 het omstreeks middernag die Franse hoofstad, Parys, verlaat, onderweg na die Egiptiese se hoofstad. Na net meer as 2 ure in die lug het die vliegtuig verbinding verloor met die opsporingstelsel. Die straler was volgens ’n EgyptAir-amptenaar net binne Egiptiese lugruimte bo die Middelandse see toe dit verdwyn het.
Daar was glo geen Suid-Afrikaners aan boord nie.
Volgens EgyptAir is die vlieënier uiters ervare met 6 275 vlugure op sy kerfstok, waarvan 2 101 daarvan op ’n Airbus 320 is. Die mede-vlieënier het 2766 ure se ervaring. Die straler is glo in 2003 vervaardig. Die redery volg die verdwyning op met owerhede. Spesiale magte van die Egiptiese weermag is tans besig om die situasie te ondersoek. EgyptAir se krisisbeheersentrum is in verbinding met die betrokke owerhede en staan naasbestaandes by in dié tye van onsekerheid.
Intussen het dit aan die lig gekom dat inwoners van die Griekse eilande "'n bol van vuur" in die lug gesien het.
Hierdie video is vanoggend op YouTube gelaai, maar dit kan nog nie bevestig word of dit van vlug MS804 is nie.
Intussen word daar ook berig dat die vliegtuig 'n noodsein uitgestuur het tien minute voordat dit verdwyn, en vermoedelik neergestort, het.