Die sangeres Andriëtte Moolman en haar man, Glynn, verwag hul eerste kleinding saam. Die sangsensasie is darem nie ’n groentjie wat moederskap betref nie: Haar man, ’n biokinetikus, is reeds ’n pa van ’n kleuterseun. Voor hul troue was hy ’n enkelpa.

Die Kaapse paartjie is in 2015 getroud. Andriëtte het Woensdag die swangerskap op haar Facebook-aangekondig en ’n foto daarby geplaas wat op hul troudag geneem is.

Lees ook: Gewilde sepie-aktrise word weer ma!

“Baie opgewonde om met julle te deel. Ons gaan ’n klein Moolmantjie hê,” het sy by die foto op Facebook geskryf.

Andriëtte het in ’n vroeëre onderhoud met Sarie geskerts: Glen wou sommer net ná hul troue die gesin uitbrei. Sy het eers vasgeskop en gesê sy sal dit doen wanneer sy 30 jaar oud is.

En kyk nou net! Andriëtte is juis vanjaar 30.

Lees ook: Goeie nuus! Die ooievaar was weer bedrywig onder bekendes

Hul baba gaan na verwagting in Februarie 2017 sy of haar opwagting maak.

Ons wonder of die kleinding pienk of blou kousies gaan dra?

Baie geluk, julle twee!