Op Valentynsdag het sy nog al te fraai met haar swanger magie gespog. En op Woensdag kort na 12 het klein Graham Harold Moolman sy opwagting gemaak!

’n Stralende Andriëtte Norman het dié pragfoto van haar, hul nuwe bondeltjie vreuge en manlief Glynn laatmiddag op Facebook gedeel met die woorde: “Graham Harold Moolman.Gebore net na 12h en gesond.Weeg 3.96kg.Dankie Liewe Jesus vir hierdie wonderwerkie.Niks kan die gevoel ‘beat’ nie.xxx”

Voorwaar een van die land se pragtigste mamma’s in wording.

Andriëtte het in September 2016 met groot opgewondenheid die geslag van hul kleinding bekend gemaak.

Baie geluk aan die Moolman-gesin!