Christoff Becker en Frikkie du Preez, wat terug in aanhouding is nadat hulle glo voor hul vrylating op parool in ’n sel partytjie gehou het, kan deur nuwe strafregtelike klagte in die gesig gestaar word.

Christoff Becker en Frikkie du Preez het voor ’n tugkomitee van die departement van korrektiewe dienste (DKD) verskyn en moet Vrydag voor ’n paroolraad verskyn berig Beeld.

Die DKD het in ’n verklaring gesê die twee sal vir die volgende 14 dae in aanhouding bly terwyl dié raad hul parool hersien.

Volgens Beeld sal hul prokureur, Oeloff de Meyer, vandag vir die eerste keer met die twee konsulteer.

Hy het ook aan Beeld gesê dat Becker en Du Preez selfs strafregtelik aangekla kan word weens die verbreking van tronkregulasies.

Volgens die video wat Rapport gepubliseer het, het Becker en Du Preez moontlik alkohol gebruik en daar was’n selfoon in hul besit – dit is teen tronkregulasies.

Hulle vrylating op parool kan ook ingetrek word.

Bron: Beeld.com