Die Afrikaanse rockgroep Straatligkinders gaan ná vyf jaar saam ‘n blaaskans vat. Dit is nie die einde van die groep nie, maar die vier lede wil graag vir ‘n tyd lank liewer op ander projekte fokus, vertel Bouwer Bosch, die voorsanger. En hulle ís nogal ‘n besige klomp.

Bouwer is deesdae deel van die akkoestiese groep Dans Dans Lisa wat hy en Deon Meiring, die voorsanger van Glaskas, in 2009 begin het.

Die res van die band, Bennie de Jager en Ruan en Hein Kruger, het die rockgroep Moses Metro Man begin. Ruan het ook saam met Straatligkinders se bestuurder, Louis Janse van Rensburg, die groep Ek Hou van Jou, Okay begin. Die groep se musiek is ‘n mengelmoes van rock, kletsrym en pop.

Maar gelukkig belowe hulle dat dit nie die einde van Straatligkinders is nie.