VRA hom wat die Stormers dalk in dié Superrugby-toernooi tot in die pylvak kan begeester, en Dewaldt Duvenage weifel g’n oomblik nie. “Ons is hongerder. Ons het net daardie honger om eindelik die volgende stap te doen.’’

Meen te sê, baie van die Stormers in verlede jaar se Super14-eindstryd was ook in die Curriebeker se 2009-halfeind en 2010-eindstryd. Dus elke keer tog so naby, maar dan, ai . . .

Ja, die Nieu-Seelanders sowel as die Australiërs lyk vanjaar besonder gedug, maar jy kan goed glo die Stormers, op wie Suid-Afrikaanse aanhangers nou toenemend hul hoop vestig, is supergemotiveerd.

Dewaldt was tot dusver ’n belangrike skakel in die WP en die Stormers se herlewing, eintlik ’n onmisbare rat in die Kaapse masjien. Heelparty rugbyliefhebbers sou nou ook die kwiksilwer-no. 9 ná sy sleutelbydrae tot die Kapenaars se sukses die afgelope twee jaar ’n volgende stap wou sien doen – tot op die internasionale verhoog.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 5 Mei 2011