Die klaagster, Virginia Roberts, 30, het haar eie identiteit onthul nadat sy al in 2007 in onderhoude oor haar verhouding met Epstein gepraat het.

In ’n tweede verklaring sedert die aantuigings opgeduik het, het woordvoerders die aantuigings van Virginia waarin sy beweer dat sy geforseer was om met Prins Andrew seks te hê toe sy onder 18 was, met “empatie ontken”.

Virginia het verlede week in Florida die saak teen Andrew geopen. Die saak vorm deel van ‘n lang, ingewikkelde saak teen Amerikaanse finansier, Jeffrey Epstein, wie ook ’n veroordeelde pedofiel is.

Sy beweer dat Jeffrey haar geforseer het om seks met prominente mense soos Prins Andrew te hê. Volgens The Mirror het Andrew aan sy ma, koningin Elizabeth, gesê dat daar geen waarheid in die aantyging steek nie. Die koningin is egter steeds ontsteld oor Andrew se verbintenis met Jeffrey. The Mirror berig ook dat Virginia se pa beweer dat sy dogter ook die koningin ontmoet het. Paleiswoordvoerders het dit egter ontken.

Bronne: Sapa/themirror.co.uk