Die tropiese storm Harvey woed steeds ál sterker, en dit nadat die dodetal reeds tot 30 gestyg het. Derduisende mense is ook al uit die vloedwater gered. 

Weens roof- en strooptogte moes Houston se burgemeester, Sylvester Turner, ’n aandklokreël instel. Inwoners moet nou tussen middernag en vyfuur die oggend tuis wees, berig DW.com.  

Pres. Donald Trump van Amerika en sy vrou, Melania, het Texas Dinsdag besoek om hul steun te wys. Melania se kleredrag het egter onmiddellik kritiek uit talle oorde ontlok; mense het gevoel sy is uit voeling met die slagoffers. 

Louisiana het ook intussen onder die storm begin deurloop.

Vloede teister die gebied al vir die sesde agtereenvolgende dag nadat reënval in die streek reeds alle historiese rekords oortref het. En volgens The New York Times is die einde nog nie in sig nie.  

Bronne: New York Times, Buzzfeed, Deutsche Welle