'n Pastoor, Chris Baadjies, het nou volgens berigte na vore getree en gesê hy is die eienaar van die hond.

Die teef van 25?kg was langer as ’n week in die Groot Gat vasgekeer nadat sy ’n val van altesaam 160?m (90?m teen ’n skuins helling af en toe nog 70?m loodreg tot in die water) oorleef het.

Ao. John Seeley, wat die hond gered het, het vandeesweek vorms by die Dierebeskermingsvereniging ingevul om haar aan te neem.

Die Chris Baadjies is nou besig om regsadvies in te win om sy hond terug te kry, berig die Diamond Fields Advertiser.

Baadjies het gesê sy hond en dié van sy bure het op 15 November verdwyn.

"Ek weet Seeley is die held omdat hy haar gered het, maar ek kan haar nie weggee nie.

Bron: Volkslbad