Die langverwagte voorskou vir die nuutste film in die Twilight-reeks, Breaking Dawn, fokus meestal op die stomende verhouding tussen Bella Swan (Kristen Stewart) and Edward Cullen (Robert Pattinson).

Na bewering gons dit in Amerika oor die sterk seksuele toon wat die nuutste film aanneem.

Maar die vervaardiger van die film, Wyck Godfrey, meen die liefdestonele is “opreg en belangrik” vir die romantiese atmosfeer .

Kyk die voorprent hier.