Gerugte het die ronde gedoen oor die aard van haar verhouding met Bryan (33) sedert sy en James (49) in September hul verlowing beëindig het ná ’n rusie terwyl hulle in Griekeland vakansie gehou het.
  En Maandag het Mariah (46) haar nuwe liefde in ’n spontane fotosessie op die strand in Maui, Hawaii bevestig.
  Op die foto’s wat die Daily Mail Online bekom het, vou Mariah haar bene om haar katelknaap se middel terwyl hy ’n soen op haar lippe plant.

A photo posted by Patty (@pattydaydream) on

 

A photo posted by @okmagazine_ru on

  Dan laat sak Bryan Mariah so laag dat haar hare amper aan die sand raak voor hy haar weer optel en galant uit die branders dra.
 
  Op ander kiekies dra Bryan vir Mariah op sy rug. Sy lyk so sexy soos altyd in ’n swart uitsny-swembroek en swart-en-goue sarong.
  Duidelik in die wittebroodfase van hul nuwe romanse, glimlag Mariah breed terwyl Bryan haar met aandag oorlaai.
  Die nuwe verhouding kom weke nadat Mariah en James hul romanse beëindig het. Lees ook: Mariah Carey se verloofde James Packer pak glo sy tasse In ’n onderhoud kort nadat hulle uitmekaar is, het Mariah erken sy doen haar bes om met haar lewe voort te gaan – al moet sy na materiaal kyk van waar sy ’n trourok aanpas op haar komende werklikheidsprogram, Mariah’s World.

“Al daardie oomblikke is bittersoet,” het Mariah met Entertainment Tonight gedeel terwyl sy vertel sy het tonele gekyk van waar sy haar gedoemde troue beplan. “Maar jy moet net fokus waarop jy ook al fokus en dit aan die gang hou.”

Cover Media