Miley Cyrus het Dinsdag haar plek in die Amerikaanse vermaakkollig behou toe haar stomende video ’n rekord in kykersgetalle op die Vevo.com-webtuiste opstel.

Wrecking Ball, ’n video waarin die voormalige Disney-tienerster bostukloos aan ’n breekbal swaai, het in die eerste 24 uur op die net 19,3 miljoen kykers getrek, het Vevo op Twitter gesê.

Hiermee het Miley die vorige rekord, van die Britse mansgroep One Direction, oortref.

Miley (20), wie se nuwe album in Oktober uitgereik word, het verlede maand by die MTV Music Video Awards ’n gewaagde duet saam met die popster Robin Thicke gesing. Daarmee het sy wyd opslae gemaak.

“Onaanvaarbaar,” het die konserwatiewe Parents Television Council gemor. Haar pa, die countrysanger Billy Ray Cyrus is ’n li van dié raad.

Hoewel daar kaal vroue in die video van Robin se jongste liedjie, Blurred Lines is, het hy sy klere aangehou.

-          SAPA

Lees Meer:

Nee, Miley, nee

Miley Cyrus sê MTV se twerk was ikonies, soos Britney en Madonna