Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20-30 minute

Gaarmaaktyd: 10-15 minute

250 ml (1 k) koekmeel

5 ml (1 t) bakpoeier

5 ml (1 t) sout

15 ml (1 e) margarien

125 ml (½ k) water

  1. Sif die droë bestanddele saam.
  2. Vryf die margarien liggies in en giet die water by die mengsel.
  3. Knie die deeg sowat 5 minute tot sag en elasties.
  4. Rol die deeg 15 mm dik uit en sny in repe van 5 cm breed.
  5. Draai die repe met die kante effens oormekaar om sosatiestokke.
  6. Rooster op die kole en eet warm van die stokke af saam met ’n klontjie botter en stroop.