Dié boorling van New York is nou ’n wêreldberoemde superster, maar in die laat 1980’s, toe sy met haar loopbaan begin het, was dit uiters moeilik om die begroting te laat klop. Dit was so erg dat sy soms moes honger ly om deur te kom. “Ek het een sny pizza per dag geëet – geen ontbyt of middagete nie,” het sy onthou terwyl sy World of Dance, haar nuwe kompetisieprogram vir televisie, bekendgestel het.

Work mode... #GUCCI

A post shared by Jennifer Lopez (@jlo) on

Ek het dit saans sesuur geëet sodat dit my kon deurdra tot die volgende dag. Dis hoe ek geleef het nadat ek uit my ma se huis getrek het, en ek het dit ’n paar jaar lank gedoen tot ek my eerste groot geleentheid gekry het.”

J-Lo het haar groot deurbraak in 1991 gemaak toe sy as ’n Fly Girl gekies is in die sketskomediereeks In Living Color, en sy het voortgegaan om haar in Hollywood te vestig deur rolle te vertolk in rolprente soos die biografie Selena, Anaconda en Out of Sight, waarin sy saam met George Clooney opgetree het.

En terselfdertyd het sy sukses behaal op die poptrefferlyste.

Maar die treffermaker van Jenny From the Block hou vol sy sal nooit haar nederige begin vergeet nie, want dit hou haar voete stewig op die aarde.

“Ek sou dit vir niks ter wêreld wou verander nie,” het die 47-jarige Jennifer oor die moeilike begin van haar loopbaan gesê, want dit het haar deels geïnspireer om terug te keer na haar wortels in die danswêreld vir haar nuwe werklikheidsreeks, waarin sy as beoordelaar optree.

“Ek het daardie stryd deurgemaak en wat my betref, is dit ’n droom wat vir my waar geword het. En ek sê dit nie ligtelik nie.”

World of Dance, wat in Mei in Amerika sy buiging op televisie maak, het ook vir Derek Hough en Ne-Yo op die beoordelaarspaneel. Jenna Dewan Tatum, Jennifer se mededanseres en deesdae aktrise is die aanbieder.

Dit is die jongste projek op Jennifer se reeds propvol lysie – dit vereis fyn voetwerk vir die moeder van twee om haar gesinslewe te balanseer met haar modestrewes, haar verblyfplek tydens konserte in Las Vegas en Shades of Blue, haar New Yorkse polisiedrama wat so pas vir ’n derde seisoen hernieu is.

© Cover Media