Só het Jay Kay Vrydag op die groep se Facebook-blad die hartseer nuus bevestig.

Toby Smith (46), stigterslid en die oorspronklike klawerbordspeler van die gewilde Britse groep, Jamiroquai, het luidens berigte op 11 April gesterf. In hierdie stadium is die oorsaak van sy dood nog onbekend.

“Hy was ’n groot deel van my lewe. Sonder hom sou daar geen Jamiroquai gewees het nie. En soos ek hier skryf, met die maan helder en duidelik in die lug, en ek dink aan hom en hoe dit moet wees, (hy) ry op sy magtige perd oor dit met en laat ’n spoor van sterre agter hom.

“Ry die wind, maat, niks kan jou nou keer nie.”

Stuart Zender, die groep se oorspronklike baskitaarspeler, het Toby as sy ouer broer in sy Instagram-huldeblyk beskryf. “Jou lig sal vir altyd skyn. Dankie dat jy my en die res se lewens so opgehelder het,” het hy geskryf.
Toby was van 1992 tot 2002 deel van die groep, maar het tydens die groep se Funk Odyssey-toer vanweë familieverpligtinge die groep verlaat.

Twitter se reaksie