Nadat liggaamsdele Dinsdag ’n huis in Barton Hill, Bristol, gevind is, is Nathan Matthews (28) en Shauna Hoare (21) is albei in hegtenis geneem.

Hulle sou Donderdagoggend in Bristol voorkom. Die polisie in Avon en Somerset het selfs hieroor getwiet: “Twee mense is vanmiddag aangekla in verband met die #BeckyWatts-saak. Albei moet môre in die hof verskyn.” Die paartjie, wat 'n tweejarige dogter het, is Saterdag in hegtenis geneem. Hulle word daarvan verdink dat hulle Becky, wat op 19 Februarie vermis geraak het, ontvoer en vermoor het. The Telegraph het berig speurders het Dinsdag toestemming gekry het om die paartjie 24 uur langer te ondervra nadat liggaamsdele gevind is op ’n eiendom in Barton Court, naby Becky se huis. Matthews is blykbaar die seun van Anjie Galsworthy, die vrou van Becky se pa, Darren Galsworthy.
Ná Becky se verdwying het Hoare ’n klomp artikels op haar Facebook-blad geplaas en hartroerende boodskappe gedeel.

Becky se gesin het haar op 20 Februarie as vermis aangegee nadat sy die huis die vorige dag verlaat het met haar foon, skootrekenaar en tabletrekenaar, maar nie weer teruggekeer het nie.

Ná uitgebreide soektogte het die polisie op 2 Maart verklaar hulle beskou haar verdwyning as ’n moordondersoek.

Bronne: The Telegraph, BBC, Daily Mirror