Geluk aan die akteur Stian Bam en sy vrou, Truda, met die geboorte van hul eersteling!

‘‘Ons seuntjie sou op 18 Junie gebore word, maar het ’n bietjie vroeër gekom – op 24 Mei,’’ vertel die trotse pa.

‘‘Hy het 2,3kg geweeg en was vir twee dae in die hoësorgeenheid, maar hy doen goed. Hy het Sondag huis toe gekom.

Ek is vreeslik opgewonde. Dis die beste ding wat nog ooit met my gebeur het!’’ vertel Stian. ‘‘Hy het my pa se geboortename, Hendrik Johannes Jacobus, maar ons noem hom Jannes.’’

Stian skiet tans aan ’n nuwe televisiereeks op die Bolandse dorpie Stellenbosch, waar hy bly, en sê dis lekker om werk toe te gaan en na werk tyd saam met sy seuntjie deur te bring.

‘‘Maar dis moeilik om jou woorde te leer met so min slaap!’’

Volg Huisgenoot op Twitter.