[caption id="attachment_78668" align="aligncenter" width="450"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Hoewel die trikeratops al 66 miljoen jaar gelede uitgesterf het, het talle liggelowige internetgebruikers teen Steven uitgevaar omdat hy dié “bedreigde spesie gejag het”.

Die foto is op die stel van die fliek Jurassic Park geneem. Steven was die regisseur van dié fliek wat in 1993 op die silwerdoek te sien was.

Die Facebook-grapjas Jay Brenscomb het die foto op sy Facebook-blad gedeel met die onderskrif: “Skandelike foto van ’n jagter wat glimlaggend langs ’n trikeratops poseer wat hy pas van kant gemaak het. Deel asseblief sodat die wêreld kan weet wie dié veragtelike man is.”

Jay het natuurlik gekgeskeer, maar party Facebook-gebruikers wat nie die grap gesnap het nie, was woedend.

• Maak seker jy ken jou dino-feite – besoek ons Days of the Dinosaur-uitstalling tot 20 Julie in Sandton en van 31 Julie tot 20 Augustus in Kaapstad. KLIK HIER om jou kaartjies te bespreek.

Bronne: Daily Mail, Facebook