Steve het bekendheid gewerf as ’n suksesvolle komponis, sanger, akteur, liriekskrywer, digter en TV-aanbieder; boonop doen hy dit alles in Afrikaans.

Hy het al meer as 200 liedjies geskryf en gekomponeer en meer as 25 CD’s uitgereik.

Die klub het aan Volksblad gesê dat Steve ’n groot liefhebber en ondersteuner van boeremusiek is.

“Hy is tans die beskermheer van die Suid-Afrikaanse Boeremusiekklub. Sy omgeegesindheid teenoor mense wat swaarkry, is deurgaans baie opmerklik.”

Steve het ook al ’n ATKV-eerbewys gekry vir sy bydrae tot die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur.