Dit klink dalk soos 'n aweregse sprokie met ’n gelukkige einde – ’n meisie wat ’n leeftyd gewag het vir haar prins en dan uiteindelik sy hart verower.

En so gebeur dit toe ook.

Steve Hofmeyr het sopas op Twitter aangekondig dat hy verloof is.

Steve het die nuus dat hy Janine van der Vyver die ja-woord gevra het met ‘n enkele twiet bekend gemaak: “Janine hou die 1ste HALODA* vas. Binne in, sal jy ook sien, is die uitnodiging: Sal jy oorweeg om my vrou te word...Sy dink ek grap. Sê dan ja!”

Baie geluk aan die tweetjies.

*HALODA is Steve se nuutste vrystelling.

Só lyk die verloofring. Steve het die foto op Facebook gedeel: