[caption id="attachment_163224" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

“Ons weet wat gebeur het en daar is bewyse wat die hof nog nie gehoor het nie. Die waarheid sal uitkom. Ons is nie bekommerd nie,” het hy gesê toe Huisgenoot hom bel.

Devon (22) en ’n kollega, Nelus Goosen, is op 26 Januarie in hegtenis geneem nadat hulle glo op ’n patrollie vir hul werk, Bull Security-veiligheidsmaatskappy, ’n vermeende dwelmhandelaar wou aankeer.

Luidens die klagstaat is hulle in hegtenis geneem op aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer, crimen injuria en intimidasie van die vermeende dwelmhandelaar.

Hulle is later op borgtog van R1 000 elk vrygelaat.

Devon en Nelus het vandag (Vrydag) weer in die landdroshof in Pretoria verskyn.

Volgens Netwerk24 het die hof gehoor dat die mediese verslag van die klaer nog nie van die hospitaal ontvang is nie. Die hof moet dit kry sodat hulle die aard van die slagoffer se beserings in ag kan neem.

Devon en sy kollega moet op 22 Maart weer in die hof verskyn.