Steve Jobs, die medestigter en voormalige hoof-uitvoerende beampte van elektronika en rekenaar-reus Apple is gister in die ouderdom van 56 jaar oorlede na 'n lang en uitgebreide stryd teen kanker.  

“Apple het 'n kreatiewe genie verloor, en die wêreld 'n merkwaardige mens," het die maatskappy in 'n verklaring bekendgemaak.

Steve het op 24 Augustus as hoof-uitvoerende beampte per e-pos aan sy werknemers bedank, wat daarna ook so bekend gemaak is.

In sy boodskap het hy aangedui dat hy nie langer sy aan verpligtinge en verwagtinge as Apple se hoof-uitvoerende beampte kan voldoen nie.

Die beheer van die maatskappy is daarna aan Tim Cook oorhandig.

In die laat sewentigers het Steve en Steve Wozniak Apple tot stand gebring met die bou van die eerste persoonlike rekenaar. Onder sy leiding het die maatskappy die wêreld aan die iPod, iPad en iPhone bekend gestel.

Hy word oorleef deur sy vrou, Lauren, hul drie kinders en 'n dogter uit 'n vorige verhouding.

Volg Huisgenoot op Twitter.