Die wyle Crocodile Hunter Steve Irwin se 17-jarige dogter het ’n kontrak as minderjarige met die Amerikaanse ateljee onderteken wat beteken haar ouers moet toestemming gee as sy haar geld wil gebruik, wat tans staan op R3,2 miljoen.

Haar ma, Terri, het dit gedoen, maar nou het ’n regter in Los Angeles die ster verhoed om haar geld te eis sonder bewyse dat haar pa dood is. Steve is in 2006 dood nadat ’n pylstertvis hom gesteek het.

TMZ berig “die hof kon nie beslis dat dit in die minderjarige se beste belange is om deur die bepalings in die kontrak gebind te word nie”.

Die Australiese tiener en haar dansmaat, Derek Hough, het die asem weggeslaan met uitstekende dansvertonings in die reeks, waarvan sy talle aan haar pa opgedra het. Sy het die agtste week van die trefferreeks gehaal en dit lyk nie of sy binnekort uitgestem gaan word nie.

“Ek hoop dat hy trots sou wees,” het die jong natuurbewaarder oor haar pa gesê. “Ek hoop regtig so. Alles wat ek doen, is om hom trots te maak en om seker te maak dat alles waarvoor hy so hard gewerk het, voortleef.”

Bronne: The Mirror, TMZ