Die sanger het tydens ’n vorige verskyning gesê hy wil die saak buite die hof skik. Steve is op 19 Desember in Bronkhorstspruit in hegtenis geneem en op borgtog van R500 vrygelaat. Busaphi Nxumalo, woordvoerder van die Gautengse verkeersowerheid, het toe gesê Steve is betrap toe hy 169km/h in ’n 80-sone bestuur het.

Steve het in ’n verklaring op sy Facebookblad ’n dag ná sy inhegtenisname gesê dit was onverantwoordelik om so vinnig te ry. “Ek gee toe dit was onverantwoordelik en gevaarlik.”

Hy het ook die polisiebeamptes wat hom aangekeer het geloof en hulle as “vriendelik, professioneel en deeglik” beskryf en diegene wat aan diens was bedank.