Steve Hofmeyr se vrou, Janine, is behoorlik aan die werskaf!

Die Pampoen-sanger het vroeg Donderdagoggend ’n foto op sy Facebook-blad gedeel waarin sy vroulief met haar groenvingers spog en die woorde "my sexy tuinier," daarby.

In die inskrywing kan gesien word hoe Janine besig is om haar groentetuin nat te gooi. En as ons die foto's so kyk, lyk dit of dit nog baie goed met dié twee duifies gaan.

Woorde van ondersteuning het ook van Steve se aanhangers ingestroom. "Janine, jy is pragtig! Steve, jy is gelukkig om so 'n pragtige tuinier te hê. Geniet elke oomblik saam," skryf een.

'n Ander aanhanger het weer laat hoor: "Net jy kan dit so regkry, Janine, jy lyk stunning!"

Janine se mannewales in die Hofmeyr-tuin is ook heel gepas, want hierdie Sondag word Tuindag landwyd gevier. Ons kan net bespiegel dat Janine dan behoorlik gaan spit en grou.

Die doel van Tuindag is om Suid-Afrikaners byeen te bring om een van die eenvoudige plesiere in die lewe – tuinmaak – te waardeer en geniet.

Die feesvieringe het ook ten doel om ’n sterk tuinmaakbeweging van stapel te stuur om ’n liefde vir tuinmaak by Suid-Afrikaners te kweek en om die jongspan aan te moedig om te begin tuinmaak en die beloning daarvan te ervaar.

Gaan loer hier vir meer oor dié besonderse dag.