Steve is duidelik ook nie bang om ’n beurt te vat om kind op te pas nie en het Vrydag in die sosiale media met klein Romy-lee gespog.

“Ons liefling is vandag 'n maand en twee daggies oud,” skryf Steve op Facebook. “Sy hou nie van soen nie, maar daai soenbek word net meer en meer soenbaar. Sy begin glimlag as ons simpel raak. En ons doen. Ons gaan stap strandlangs in haar pienk Holly Molly.”

Steve lyk tog te gemaklik in ’n Holly Molly-babahalsdoek. 

Hy het ook gewaarsku dat haar engelagtige voorkom jou nie moet fnuik nie aangesien sy hulle behoorlik laat les opsê sedert sy haar coloratura-soprano-stem soos ’n wafferse Mimi Coertse ontdek het. “Sy kan vreeslik keel opsit. Sy hou van bad, buitelug, skinder en Game of Thrones. Sy word mens . . .”

Steve het op Maandag 10 Julie op Facebook vertel dat hy en sy gesin gereed is vir ’n welverdiende vakansie. Hy wou nie verklap waarheen die Hofmeyrs met vakansie gaan nie.

Steve en Janine is duidelik verlief op hul jongste, en Janine het Saterdag ook ’n foto van haar dogter gedeel.

Die móóiste 26dae oue lyfie op aarde ??????

A post shared by Janine Hofmeyr (@janinehofmeyr) on