Steve en Janine breek weg vir ’n kort, en welverdiende vakansie. En natuurlik is klein Romy-lee saam “ingepak”.

So het Steve Maandag op sy Facebookblad bekend gemaak toe hy aangedui het wat alles ingepak is vir die Hofmeyr's se vinnige vakansie: GPS, Venterwaentjie, baba, mamma, Speedo.

Ek probeer nog woorde kry om die gevoel in my hart te beskryf, maar ek besef dis onmoontlik.

Dan weet jy die span kies in alle waarskynlikheid nie koers Kaapstad toe nie, want Speedo’s en die ysige Atlantiese oseaan en ’n goeie skeutjie sneeu op die berge gaan enige man, hoe dapper ook al, ontmoedig om dit in die golwe te waag.

Ses dae gelede het Romy-lee se trotse mamma, Janine, hierdie pragtige foto van haar en Steve se poppie met dié woorde daarby gedeel.

“My hele lewe het verander... Ek probeer nog woorde kry om die gevoel in my hart te beskryf, maar ek besef dis onmoontlik. Sy is vir my die mooiste, fynste klein engeltjie op aarde en ek sê dit sommer gereeld. Soveel so dat ek begin dink ek irriteer my man al, want ek roep hom heeltyd om te kom kyk watse wonderwerkie voor ons lê.

"My lewe is nou volmaak en ek is dié gelukkigste vrou op aarde. Die man van my drome en 'n ONS'ie, daar's niks meer wat my hart begeer nie! Romy-lee, my prinsessie, jou mamma het so lank vir jou gewag - ek sal jou oppas met my lewe en jou in oorvloed liefhê tot in einde van dae.”

Romy-lee is op Maandag, 19 Junie, gebore en het van meet af aan haar pa se hele hart en lewe in daardie klein handjies vasgegryp.