’n Oorstelpte Steve Hofmeyr het getwiet dat Romy-lee Maandagoggend om 08:11 gebore is. "Maandagoggend. 08:11. Romy-lee Hofmeyr. 2.9 kg. Alles wel. Trane. Blydskap. Kleine Mej. Wêreld vir my," skryf hy. 

Steve het Sondag in die sosiale media gesê dat hy vir eers ’n aftydjie sal geniet omdat hy vir Romy-lee ’n verwelkomingspartytjie reël. En kyk nou, sy klein prinses is net ’n dag ná Vadersdag gebore. 

Die televisieaanbieder Elana Afrika-Bredenkamp was eerste om die paartjie geluk te wens op Twitter. 

"Die beste nuus ooit! Geluk julle!" skryf sy.  

En natuurlik het aanhangers ook ingespring met gelukwense. 

"Baie geluk ... mag sy julle net met vreugde en liefde vul," skryf ene Hermiena Bester.

"Baie geluk! Mag die prinsessie vir jou en Janine die vreugdevure hoog laat brand vir altyd!" skryf Petro Taljaard. 

"Geluk Steve en baie welkom in die wêreld Romy-lee Hofmeyr," skryf Leandri Atkins. 

Romy-lee is Steve se sesde kind.