Die bekende sanger Steve Hofmeyr het in sosiale media ’n baie kosbare oomblik in enige pa-seun-verhouding gedeel. Hy het sy twee jongste seuns, die byna-tiener Benjamin en sy ouboet Sebastian, geleer hoe om te maak as die snor of baard bietjie begin krap.

A photo posted by Steve Hofmeyr (@steve.hofmeyr) on

Lees ook: Kyk watter brawe ding het Steve Hofmeyr se laities aangevang

Ons kan nie glo sy laaities, wat duidelik hope pret met die skeerroom gehad het, is al so groot nie.

Aanhangers het gou gereageer oor hoe Steve se kosbare oomblik ook vir hulle spesiale herinneringe oproep. “Ek sal nooit die dag vergeet wat my pa my geleer skeer het nie – spesiaal verby,” het ene Samuel Frauenstein geskryf.