Terwyl families regoor Amerika die jaarlikse vakansiedag gevier het, het die ster van Foxcatchter op Twitter hulde aan sy ma, Harriet (90), ’n voormalige verpleegster, gebring en geskryf sy het Saterdag gesterf. “Harriet Theresa Carell 15 Oktober 1925 – 7 Mei 2016," het die 53-jarige akteur geskryf. “Lief vir jou, Ma.”

Die somber boodskap is gedeel te midde van verskeie bekendes wat die spesiale dag op sosiale media gedeel het. Tyra Banks, die supermodel wat deesdae ’n televisiepersoonlikheid is, het haar eerste Moedersdag saam met haar seun, York, en haar ma, Carolyn, deurgebring. Haar en haar kêrel, Erik Asla, se eersteling is in Januarie met behulp van ’n surrogaat gebore. Lees ook: ‘Moet nooit kwaad gaan slaap nie’ en ander topwenke wat ons lesers se ma’s hulle geleer het Sy het ’n foto van hulle drie op Twitter gedeel en daarby geskryf: “My eerste #MothersDay! Dis ongelooflik! Ek en my mamma stuur liefde en drukkies uit aan al die hardwerkende mammas in die wêreld.”
Dit was ook ’n spesiale dag vir Tyra se voormalige mede-aanbieder op FABLife en die nuwe mamma Chrissy Teigen, wie se man, die sanger John Legend, haar geprys het op Instagram waar hy ’n nuwe foto van hul dogter, Luna, gedeel het.
“Aan my wonderlike vrou, @chrissyteigen, ek en Luna is gelukkig om jou in ons lewens te hê. Ek sal so gelukkig en trots wees as ons dogter net die helfte so wonderlik soos jy is. Gelukkige eerste Moedersdag!” Die voormalige Spice Girls-sangeres Melanie Brown se dag het op ’n emosionele noot afgeskop. “Huil enigiemand anders ook altyd op Moedersdag,” het sy aan haar aanhangers gevra. “Ek voel baie geseën om drie wonderlike dogters in my lewe te hê. Hulle is my alles.”
Die sanger Josh Groban, wat tans in Europa toer, het geskryf: “Gelukkige Moedersdag aan my ongelooflike ma! Ek stuur liefde van oorsee op haar groot dag!” Die sanger Josh Kelley het sy vrou, die aktrise Katherine Heigl, gelukgewens en belowe om haar te bederf wanneer hy terugkeer van sy promosietoer. “Gelukkige Moedersdag aan my pragtige vrou @katherineheigl!” het hy geskryf by ’n foto van die blomme wat hy laat aflewer het. “Ek sal Dinsdag tuis wees, liefie, en dan vat ek jou uit! Lief vir jou!”
Die aktrise Brie Larson van Room-faam het die kollig met haar ma, Heather, gedeel toe sy die naweek gasheer gespeel het vir die Amerikaanse komedieprogram Saturday Night Live. Sy het haar ma tydens haar monoloog met Moedersdag as tema verhoog toe genooi. Lady Gaga het die dag gebruik om te wys wie sy steun in vanjaar se Amerikaanse presidentsverkiesing. “Gelukkige Moedersdag @HillaryClinton,” het sy geskryf. “Hierdie land het ’n moeder nodig en dis jy. #HilaryBeOurMama.”

Ander sterre wat aanlyn hulde aan hul geliefdes gebring het, sluit in Susan Sarandon, Bette Midler, Vanessa Hudgens, Gloria Estefan, Ne-Yo, LL Cool J, LeAnn Rimes, Kris Jenner en die rocker Gene Simmons.

© Cover Media

Ook op Huisgenoot.com:

Eerste reusepanda vir 2016 in aanhouding gebore en vermurwe harte wêreldwyd

Hier is die geheim om gewig meer effektief af te skud en boonop af te hou

Dié nege mense is vas oortuig hulle is deur ruimtewesens ontvoer

Ouers, só kan jy ’n liefde vir lees by jou kind help ontwikkel