Hierdie verfrissende slaai kombineer vars somergeure en het ’n slaaisous met wasabi, mayonnaise, ment en suurlemoen.

Prawn-and-Pineapple-Salad

(Genoeg vir 4–6 mense)

Vir die slaai:

800 g Cape Point-koningingarnale, are en koppe verwyder

1 middelslag-ysberg-kropslaai, in stukkies gebreek

30 g wilderoket

5 sprietuie met toppe, in skywe gesny

8 radyse, in dun skywe gesny

250 ml (1 k) vars pynappel, in blokkies gesny

2 avokado’s, geskil en in blokkies gesny

Metode

  1. Sit die garnale in ’n kastrol en stoom liggies tot dit pienk raak.
  2. Verwyder van die hitte en haal die doppe af. Hou eenkant tot benodig.
  3. Pak die kropslaai, roket, sprietuie en radyse op ’n dienbord en pak die garnale, pynappel en avokado bo-op.
  4. Lepel die slaaisous net voor bediening oor.

Vir die slaaisous:

15 ml (1 e) klaarbereide wasabipasta

1 groot knoffelhuisie, gerasper

30 ml (2 e) mayonnaise

30 ml (2 e) olyfolie

10 ml (2 t) heuning

50 ml vars suurlemoen- of lemmetjiesap

½ rissie, fyn gekap

30 ml (2 e) vars ment, gekap

sout en peper na smaak

Metode

1. Klits al die bestanddele saam.

2. Geur na smaak net voor bediening.

Resep deur Jenny Morris

Besoek Checkers vir nog resepte.