Ammach, wat in 2011 gestig is om mense te help wat kontak met ruimtewesens gehad het, beweer hulle kry tot vyf oproepe en 25 e-posse per week van mense wat ’n noue ontkoming gehad het.

“Baie mense word gespot, belaster en uitgesluit, bo en behalwe dit wat hulle deurgemaak het,” sê Joanne Summerscales, wat die groep saam met Miles Johnston gestig het. “Ons bied nie-veroordelende onderhoude en ’n geleentheid om daaroor te praat.”

Behalwe vir ’n telefoniese ondersteuningsdiens hou Ammach ook werksessies, konferensies en vergaderings waar mense stories kan deel oor hul ontmoeting met ruimtewesens.