Kristen Stewart

“Niks aan beroemd wees is begeerlik nie. Ek is ’n aktrise. Ek vind mense se obsessiewe gedrag vreemd.”

Sy het selfs so ver gegaan om beroemdheid te vergelyk met haar vampierkêrel in die Twilight-flieks (gespeel deur haar kêrel, Robert Pattinson) se ellendige lewe. “As vampier het hy ’n baie hartseer, eensame lewe. Roem is dieselfde.”

Avril Lavigne

Die sangeres het min ooghare vir jong meisies wat beroemd wil wees. “Dis nie iets waarvan ek deel wil wees nie. Dis hoe van die meisies bekend raak – oor die klubs waarheen hulle gaan. Hulle het dit nodig, hulle soek dit en hou daarvan. Ek het ’n loopbaan.”

Katy Perry

“Ek is moeg van beroemd wees. Roem is ’n walglike neweproduk van wat ek doen.”

Johnny Depp

“Ek is skaam, paranoïes, wat jy dit ook al wil noem. Ek haat roem. Ek het alles in my vermoë gedoen om dit te vermy.”

Jessica Alba

“Ek hou nie daarvan om in die kollig te wees nie.”

Dié foto’s vertel ’n ander storie, Jess!

EKSTRA BRONNE: crushable.com, huffingtonpost.com