Die frisgeboude donkerkop is te sien op die Britse liggaamsbouer Jody Marsh se nuwe dokumentêre program, Jodie Marsh On . . . Steroids. Sy praat daarin oor hoe sy tot ’n groot mate in ’n man verander het.

Candice se gebruik van steroïede het verskeie nagevolge. Sy het die bultende spiere van ’n spierpaleis, praat met ’n diep stem en het hare op haar gesig, rug en bors.

Candice (28) sê dit was nooit haar plan om so manlik te lyk nie. “Jy kan sê die sterk arms en breë skouers, groter rug en smal heupe wat ek wou hê is manlik. Maar ek het nie bewustelik besluit om van ’n vrou in ’n man te verander nie.”

FAMEFLYNET - EXCLUSIVE: Real Life Story - Female BodyBuilder Candi Lewis Who Became Addicted To Steroids Altering Her Physical Appearance

Hoewel steroïede haar mannetjiesagtig laat lyk, sê Candice sy sal nie ophou om dit te gebruik nie. “Ek dink dit sal meer skade as goed doen,” sê sy. “Ek sal al die spiere verloor, maar nie die manlike eienskappe soos die gesighare en diep stem nie . . . dit sal nie terugverander nie.”

Aan die ander kant het haar nuwe voorkoms haar die geleentheid gegee om iets te doen waaroor sy mal is – om fopdosser-vertonings te hou. “Dit het my die geleentheid gegee om een van my drome uit te leef,” sê sy oor haar nuwe voorkoms. “Ek het begin om fopdosser-vertonings te hou en is gek daarna.”

Saamgestel deur Petro-Anne Vlok 

BRONNE: dailymail.co.uk, ymail.co.uk