Deesdae sien ’n mens Willem Botha om elke hoek en draai. Nie net is hy ’n suksesvolle sanger, liedjieskrywer en fotograaf nie; hy wys ook op die kassie gesig.

A photo posted by Willem Botha (@willembotha) on

Willem speel tans in sy eerste vollengtetelevisiereeks: In die tweede seisoen van Deon Opperman se Sterlopers op kykNET vertolk hy die rol van die naïewe JayDee.

In sy vrye tyd neem hy graag bekendes af en sy foto’s pryk gereeld in tydskrifte se glansblaaie.

Sy prestasies is selfs merkwaardiger as ’n mens in ag neem dié blouoog-plaasseun van Riversdal se wêreld is nog nie eens 30 jaar oud nie. Hy het ’n paar dae gelede sy 29ste verjaardag gevier, en ons het gaan hoor wat hy alles beplan vir die laaste jaar in sy 20’s. 1. Eerstens, baie geluk met jou 29ste verjaardag! Wat het jy alles op die groot dag aangevang? Baie dankie! Vanjaar was my verjaardag nogal besig. Ek’t die aand voor dit ’n vertoning in die Strand gehad en my ouers het saamgekom. Die volgende oggend het ons in die Kaap gaan ontbyt eet, en toe moes ek terugvlieg Pretoria toe. Dit was die eerste keer in vyf jaar dat ek my verjaardag saam met my ouers kon deurbring, so dit was baie spesiaal.

2. Watter aangename verrassings het jy gekry? Wanneer vriende my vra wat ek wil hê, noem ek altyd iets wat ek nodig het of in my huis kan gebruik. Of sommer net lekker rooiwyn. Vanjaar het ek grappenderwys gesê ek wil gras plant by my huis. ’n Paar van my vriende het wraggies R3 000 bymekaargekry en vir my gras gekoop! Ek sal elke dag aan hulle kan dink. Haha!

A photo posted by Willem Botha (@willembotha) on

3. Voel jy opgewonde of is dit senutergend om te dink jy betree nou die laaste jaar van jou 20’s? Hoe voel dit? Buiten dat ek amper 30 is, is dit nog maller om te dink dat ek vanjaar reeds my 10de jaar in die bedryf vier! So eintlik voel ek al baie ouer. Maar soos die cliché lui: Vir my is ouderdom net ’n syfer; ek leef elke dag asof dit my laaste is.

A photo posted by Willem Botha (@willembotha) on

4. Watter lekker dinge lê vanjaar vir jou voor? Ek is baie opgewonde oor die uitreiking van my nuwe album; musiek bly my grootste passie. Later vanjaar verskyn ek ook in ’n nuwe film, en van Julie tot Augustus vertolk ek die hoofrol in Altyd in My Drome, ’n musiekblyspel wat by Montecasino aangebied word.

A photo posted by Willem Botha (@willembotha) on

5. Geniet jy dit om jouself week ná week op die kassie in Sterlopers te sien? Dis nogal erg! Veral omdat ek weet wat my karakter alles aanvang. Tog is dit iets waarop ek bitter trots is; ek het baie hard gewerk aan die reeks. Dis ook snaaks om my vriende en familie dop te hou terwyl hulle die reeks kyk en te sien hoe hulle hulle in die storie inleef.
6. Jy is deesdae omtrent doenig! Kry jy nog tyd om plaas toe te gaan? Ek het ’n verskriklike hegte band met my familie en die plaas, so ek doen ekstra moeite om gereeld te gaan kuier. Wanneer ek iewers in die Wes-Kaap optree, reken ek altyd ’n ekstra dag by om plaas toe te gaan.
7. Jou pa, Theuns, tot onlangs die Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, was onlangs siek. Hoe gaan dit deesdae met sy gesondheid? My pa se moeilike stryd teen kanker is ’n tyd wat ek nooit sal vergeet nie. En noudat hy gesond is, aanvaar ek niks as vanselfsprekend nie. Dit gaan baie goed met hom en hy is baie besig, maar ek dink dis nou tyd dat hy net terugsit en die lewe saam sy gesin geniet.

Familie op die plaas! Waar in die wêreld kan dit nou beter wees? #family #farm #blonde #boys #nature

A photo posted by Willem Botha (@willembotha) on

Ander stories op Huisgenoot.com

Ma pleit om hulp vir siek dogter: ‘Dokters het nie meer antwoorde nie’

Is jy een van die hand vol kreatiewe mense wat dié optiese illusie kan uitpluis?

‘Ons was sulke goeie vriende,’ vertel eienaar van wêreld se oudste hond na dié haar laaste asem uitblaas

Kyk: Skattige prins George het ereplek op koningin Elizabeth se amptelike foto’s vir haar 90ste verjaardag

Hoe goed kan jy Engels praat?

‘Ek leef ’n heel ander lewe van binne’: Man vertel in roerende video van depressie

Kan jy glo? Dié nege vreemde goed gebeur in die ruimte met ruimtevaarders