Louis Tomlinson is glo “bly en opgewonde” om vir die eerste keer pa te word.

[caption id="attachment_105574" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Die 23-jarige sanger van One Direction was vier jaar lank in ’n verhouding met Eleanor Calder tot hulle ’n paar maande gelede opgebreek het.

In die nadraai het Louis nog ’n enorme lewensverandering om na uit te sien, want nou word beweer die stilis Briana Jungwirth (23) van Los Angeles is swanger met sy kind.

“Louis is bly en opgewonde daaroor om pa te word en hy dink Briana sal ’n fantastiese ma wees,” het ’n bron, wat glo vriende met sowel Louis as Briana is, aan die tydskrif People gesê. “Aanvanklik was dit ’n verrassing, maar hy en Briana is goeie vriende en dit het hulle nou nog nader aan mekaar gebring.”

Louis, oorspronklik van Engeland, kyk nou glo uit vir eiendom in Los Angeles in buurte naby aan waar Briana bly.

Hy verlaat ook nie haar sy nie, en het na bewering tot dusver al haar sonars en mediese prosedures bygewoon.

“Louis en Briana gee vir mekaar om en het die afgelope paar maande baie tyd alleen saam deurgebring,” het iemand in die binnekring laat hoor.

“Albei is gelukkig en hoewel hulle nie in ’n amptelike verhouding is nie, is hul vriendskapsband ongelooflik sterk en is hulle opgewonde oor die baba.”

Louis en Briana se families is glo “baie opgewonde en steun (die swangerskap) volkome”.

© Cover Media