Die Kanadese akteur, Cory Monteith, wat die rol van die hartebreker, Finn Hudson, in die gewilde tiener-TV-reeks, Glee, vertolk, is Saterdag dood in sy hotelkamer in Vancouver gevind.

Volgens die polisie is die oorsaak van Monteith se dood nog nie bekend nie, maar gemene spel is uitgeskakel.

Die nadoodse ondersoek sal Maandag plaasvind.

Sy liggaam is deur personeel van die Fairmont Pacific Rim-hotel gevind.

In April het ‘n verteenwoordiger van Monteith bekendgemaak dat die TV-ster in ‘n rehabilitasie-sentrum behandeling vir ‘n onbekende middel ontvang het.

 Bronne:CCNChannel24