Sy het geskerts daar sou nie ’n probleem gewees het as sy by optredes net gemaak het of sy sing nie.

Sy het op Twitter geskryf: “Dankie vir die ondersteuning, julle almal. Niks baie dramaties nie – die dokter wil hê ek moet vier dae lank my stem heeltemal laat rus sodat ek weer my beste kan gee. Albei vertonings is herskeduleer en vind binnekort plaas. Die toer sou vreeslik maklik gewees het as ek gemaak het of ek sing. Sien julle binnekort!”

Pink is besig met die Truth Above Love-toer. Vanaand se konsert in Salt Lake City en môre s’n in Denver is uitgestel tot 29 en 30 Oktober.

Pink en haar man, Carey Hart, het ’n dogter, Willow (2). Sy het onlangs vertel sy het hard geoefen om haar figuur terug te kry. “Ek oefen vyf dae per week vir ’n uur en ’n half, en ek repeteer wanneer ek toer. Maar ek eet ook baie, ek hou van my kos en my wyn.”