[caption id="attachment_92205" align="alignnone" width="620"]Van links agter: Henri, Rudi en Martin. Voor, links, Marli en Terese. (Foto: Facebook) Van links agter: Henri, Rudi en Martin. Voor, links, Marli en Terese. (Foto: Facebook)[/caption]

Haar ouers en een broer is in die aanval dood.

Volgens die woordvoerder, Carla Hanekom, is die meisie is aanvanklik in die Medi-Clinic op Stellenbosch in die Wes-Kaap behandel.

Sy is intussen na 'n Medi-Clinic geskuif.

Die koerante het haar Woensdag geïdentifiseer as Marli van Breda.

Volgens die verslae sterk Marli in die hospitaal aan. Sy is geopereer vir ernstige beserings, insluitend kopbeserings en ’n afgesnyde slagaar. Meg Fargher, hoof van die Somerset Kollege, het vir News24 gesê dat Marli se kêrel nog nie skool toe gekom het sedert die tragiese voorval nie. Marli het verlede jaar by die kollege begin.

'Sy is ’n pragtige, gewilde slim meisie.'

“Sy is ’n pragtige, gewilde slim meisie,” het Meg gesê.

Meg het ook gesê die Van Breda’s het groot belangstelling getoon in die welsyn van die skool en hulle was ondersteunend teenoor die leerders.

Die gesin is vroeg Dinsdagoggend in hulle huis op die De Zalze-gholflandgoed aangeval. Die tiener se pa, Martin van Breda, 55, haar ma, Teresa, 54 en haar ouer broer, Rudi, 22 het gesterf. Haar ander broer, Henri, 20, het oorleef.

Intussen berig EWN dat die familie se prokureur, Don Bosman, bevestig het dat Henri tans by ’n oom in Stellenbosch bly.

Familielede ontmoet vanmiddag om oor die begrafnisreëlings te praat.

Volgens die polisie was daar teen Woensdagoggend nog niemand gearresteer nie en niemand is nog ondervra nie.

Bronne: Sapa, News24, EWN