Die Binnelanders-akteur Stefan Ludik het kaalfoto’s van hom en sy mede-akteur Reynhard Hugo op Facebook geplaas.

"Partykeer verwag ons werk van ons om ’n dokter, seremoniemeester of sanger te wees. Soms moet ons net ’n dag lank kaal wees – en dit nogal vir goeie doel, glo dit of nie. Sal later meer vertel!;) #neveradullmoment," het hy op sy blad gesê.

Hy wou nie verklap waarvoor dit is nie, maar aanhangers was behoorlik verras.

“Sjoe! Amper slaat ek dood neer! Dis oukei, hoor! Julle mag maar kaal wees!” het Tersia Venter geskryf.

“Ag nee sies man,” het Mariska Mans weer van haar laat hoor.