Lewer 4 broodjies

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

SOUS

20 ml (4 t) olyfolie

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

30 ml (2 e) origanum, gekap

2 ml (½ t) sout

2 ml (½ t) vars gemaalde peper

STEAK

375 g beeslende, alle oortollige vet verwyder

SLAAI

375 g komkommer, in blokkies gesny

2 pruimtamaties, in skywe gesny

1 klein rooi-ui, in skywe gesny

50 g (½ wiel) laevet-fetakaas, gekrummel

60 ml (¼ k) gekapte pietersielie

4 ontpitte olywe, gekap

30 ml (2 e) suurlemoensap

5 ml (1 e) gerasperde suurlemoenskil

OM VOOR TE SIT

2 heelgraan-worsbroodrolletjies of panini’s, in die helfte deurgesny en die snykante gerooster

SOUS Meng die bestanddele.

STEAK Smeer die helfte van die sous oor die steak.

Verhit ’n ysterpan en braai die steak tot gaar soos verkies. Laat 5 minute rus en sny in skywe.

SLAAI Meng die slaaibestanddele behalwe die suurlemoensap en -skil. Meng die sap en skil met die res van die marinade en drup dit oor die slaai.

OM VOOR TE SIT Verdeel die slaai tussen die 4 broodhelftes en pak die steak-skywe bo-op.