.

Sy het selfs ’n gunsteling onder die veelkleurige sponse: die wat na ‘Fairy Green se appelgegeurde skottelgoedwasmiddel ruik.

Haar ‘absorberende’ obsessie het begin toe sy drie jaar oud was. Sy het gewoonlik tydens badtyd die spons beetgekry en daaraan begin kou.

Later het sy ’n vinnige sponshappie geneem as sy in die stort was. Telkens sou sy nie die hele spons opeëet nie, net daaraan peusel.

Maar die prentjie het heeltemal verander toe sy ’n paar jaar gelede skottelgoed gewas het – en skielik gewonder het hoe dit sou proe (sonder die skuurmatjie natuurlik). Toe verslind sy sommer die hele spons.

Deesdae moet sy deurentyd seker maak dat daar sponse in haar huis, want "soos ander ’n sigaret sal wil rook, wil ek ’n spons eet."

“As ek gespanne is, eet ek soms tot 20 sponse op ’n dag” vertel Emma.

BRONNE: Fox News, YouTube