Ter huldiging van die ontslape, Suid-Afrikaanse ikoon se lewe gaan die Drakenstein korrektiewe sentrum in samewerking met die Drakenstein-munisipaliteit en die Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit op Saterdag 7 Februarie die sesde jaarlikse 27 vir Vryheid-draf/stap aanbied.

Hier is 10 redes waarom jy jou drafskoene moet gryp en koers kies Paarl toe.

1) Jy sal die kans kry om in die voetspoor van Madiba te stap of draf.

Jy sal die kans kry om deel te neem aan of te kyk na die hoofwedloop oor 27 km, simbolies van die tyd wat Nelson Mandela in die tronk deurgebring het.

2) Jy sal Madiba se nalatenskap help bewaar.

Jy sal jou rol speel om Madiba se nalatenskap te onderhou. Neem deel aan die viering en nasiebou van dié historiese kultuurervaring.

3) Jy hoef nie jou kinders by die huis te los nie.

27 vir Vryheid is ’n wonderlike geleentheid vir die hele gesin. Daar is wedlope vir jonk en oud, onder meer ’n 50 m-naelloop vir kleuters. Daar sal ook ’n kinderhoekie wees onder toesig van vrywilligers van die Universiteit Stellenbosch se program Operasie Hoop.

4) Jy word gewaarborg van ’n beloning.

Terwyl die wenners van die hoofwedloop ’n gesogte medalje, kontantprys en die nuwe wisseltrofee sal ontvang, sal jy gewaarborg wees van ’n groter beloning – om te stap in die voetspoor van een van ons land se ikone.

5) Jy sal die kans kry om van die inspirerendste mense te ontmoet.

Jy sal van die wonderlikste mense ontmoet. Hulle kan bekendes wees of ’n inspirerende ouma wat deel van die geskiedenis wil wees ten spyte van haar ouderdom.

6) Jou lyf sal dit baie waarder.

Nie net sal jy deel word van ’n wonderlike kultuurervaring nie; jou lyf sal ook die stap of draf waardeer.

7) Jy sal pret hê saam met familie en vriende.

Buiten die wedlope, kry besoekers en deelnemers die kans om te luister na die plaaslike gevangenis-orkes se rockmusiek, plaaslike digters en die DKD-koor, terwyl plaaslike sowel as nasionale kunstenaars van verskillende musiekgenres hulle sal vermaak.

8) Jy sal plaaslike entrepreneurs ondersteun.

Jy sal die kans kry om baie koel goed by plaaslike KMMO’s, boere en toeriste-entrepreneurs van die streek te koop.

9) Jy sal plattelandse en plaasgemeenskappe ondersteun.

Die geleentheid het ’n vennootskap met die nieregeringsorganisasie Fit to Run aangegaan om geld in te samel om voortgaande opleiding en steun vir plattelandse kinders te verseker.

10) Jy sal lus kry om die hutsnaam #ProudlySouthAfrican te gebruik.

Jy sal trots voel om deel te wees van ’n gemeenskap wat vir so ’n goeie saak byeenkom.

Is jy oortuig? Klik hier vir nog inligting.