Robert Pattinson se bestuurspan het hom gemaan om op te hou rokjag en partytjie hou, want hulle vrees dit kan die Twilight-akteur se goeie naam skend.

’n Bron het aan RadarOnline gesê: “Rob se span voel hy het moet wakker skrik. Dis nou tyd om baie ernstig oor sy loopbaan te raak, al beteken dit hy moet die rokjagtery en musiekmakery laat staan, wat tot dusver sy lewe in Los Angeles gekenmerk het.

“Hulle wil regtig nie hê hy moet die geleentheid laat verlore gaan nie.”

Die 27-jarige akteur het in 2008 bekend geword nadat hy die rol van Edward Cullen in die Twilight-flieks losgeslaan het, maar sy span is bekommerd dat hy teen die einde van die jaar ’n minder suksesvolle rolprentrol sal aanvaar en sy loopbaan skade sal berokken.

Die bron het verduidelik: “Rob moet sy volgende fliek voor die einde van die jaar kies en almal is bekommerd dat hy gaan droogmaak. Sy span voel sterk daaroor dat hy ’n ernstige rol moet soek, soos Brad (Pitt) met Seven gemaak het. Hy kan nie bekostig om dit op te mors nie.”