Die voormalige WWE-stoeiestoer (33) hou vol haar die einde van haar verhouding met die 52-jarige akteur ná twee jaar saam, het niks te doen met troukoors nie. Die werklikheidstelevisie-aanbieder het Woensdag aan Good Morning America gesê: “Almal wat my ken, dink dis die snaaksste storie.”

Die blondine sê sy het geen begeerte om binnekort af te haak nie omdat sy baie besig is. “Dis die laaste ding waaraan ek dink. Ek dink nie eintlik daaraan nie. Ons het nie daaroor gepraat nie,” het sy gesê.

Sy het bygevoeg dat hulle op ’n goeie voet uitmekaar is en is “beslis” nog vriende. Stacy het vroeër gesê daar was niks “dramaties” omtrent haar paaie wat geskei het met die ster van die fliek The Descendants nie.

Daar is voorheen berig die paartjie het uitmekaargedryf terwyl George ’n nuwe fliek in Europa geskiet het. “Hy is in Europa en sy is in Los Angeles en hulle het mekaar lanklaas gesien. Party meisies sou oukei daarmee wees en net gelukkig wees om met George uit te gaan nie, maar nie sy nie.”