Dit kom nadat die hooggeregshof in Pretoria Woensdag beveel het die verslag moet teen vyfuur vanmiddag bekendgemaak word.

Pres. Jacob Zuma het alles in sy vermoë gedoen om te keer dat dié verslag deur adv. Thuli Madonsela, die voormalige OB, die lig sien. Dis tans veiligheid toegesluit in ’n kluis in die OB se kantoor.

Die ondersoek het onder meer die beleërde president se bande met die berugte Gupta-familie bekyk.

Die hof het reeds Dinsdag in die guns beslis van vier opposisiepartye – die DA, EFF, Cope en UDM – en Vytjie Mentor, oud-ANC-LP, en die president se hofaansoek ter syde gestel om die uitreiking van die verslag te keer.

Des van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, asook Mosebenzi Zwane, minister van minerale bronne, het tot dusver die uitreiking van die verslag verhoed.

Die Guptas het ook vroeër by monde van hul regsverteenwoordiger, Gert van der Merwe, gedreig as die OB die verslag uitreik en dit die Guptas op enige wyse van onvanpaste gedrag beskuldig of daarin impliseer, sy dit “op eie risiko” doen.

Die verslag gaan na verwagting op die OB se webtuiste geplaas word.