Die verslag lui: “As deel van die aanbod om minister van finansies te word, sal daar van mnr. Jonas verwag word om die huidige direkteur-generaal van die nasionale tesourie en ander sleutellede van die uitvoerende bestuur van hul amp te onthef; mnr. A. Gupta het glo genoem dat sy familie van mnr. D. Zuma ’n biljoenêr gemaak het en dat hy ’n huis in Doebai het.”

Hulle het ook na bewering gesê dat hulle R6 biljoen uit die staat verdien het, maar dat die broers Ajay, Atul en Rajesh Gupta hierdie bedrag tot ’n stewige R8 biljoen wou verhoog.

Jonas word al sedert Maart as ’n fluitjieblaser beskou toe hy bevestig het dat die Guptas vir hom in Oktober 2015 die amp van minister van finansies aangebied het – twee maande voor pres. Jacob Zuma vir Nhlanhla Nene van sy amp onthef en hom met die taamlik onbekende ANC-lid David Des van Rooyen vervang het.

Zuma en Van Rooyen, nou die minister van samewerkende regering, het misluk in hul poging om die uitreiking van die verslag te keer wat die vorige openbare beskermer, adv. Thuli Madonsela, onderteken en afgehandel het voor haar termyn verstryk het.

Nadat die hooggeregshof in Pretoria Van Rooyen se aansoek van die hand gewys het, het Zuma sy aansoek om ’n hofbevel ook laat vaar. Regters het toe gelas dat die verslag voor Woensdagmiddag vyfuur deur die kantoor van die openbare beskermer bekendgemaak moet word.

Die verslag maak ook melding van vroeëre koerantberigte dat die Gupta-broers vir Jonas R600 000 in kontant en R600 miljoen in paaiemente aangebied het om die amp as minister van finansies te aanvaar en hulle so te help om hul rykdom te vergroot.

Madonsela het ook bevind dat telefoonrekords Jonas se bewerings staaf.

telephone records1

telephone records2

So is die beslissing rondom die staatskapingsverslag Woensdag aangekondig.

Lees die volledige verslag hier:

Staatskapingsverslag by Annami Mailovich on Scribd

25 van die beste reaksies op Twitter nadat die vrystelling van die staatskapingverslag aangekondig is